Website NameCork City Hotels

Your Arrival Date:

Check Rates

Calendar
Trip Advisor Reviews
Cork Hotels

Afrikaans

Afrikaans

‘n Honderdduisend verwelkomings

Jy weet jy het by ‘n spesiale plek aangekom as jy oploop in die laning van bome na die ingang van Hayfield Manor.  In 1996 het Hayfield Manor, Cork se vooraanstaande vyfster hotel, sy deure oopgemaak en tot vandag is dit ons doel om ons gaste se harte te verower.

Ten spyte van die feit dat die hotel binne loopafstand is van die lewendige stad van Cork, bied dit die gaste ‘n welkome ontvlugting van ’n  besige lewenswyse in twee akkers van lowergroen natuur.

‘ n Kombinasie van weelde, die gemak van moderne fasiliteite en traditionele Ierse gasvryheid verseker 
‘n  vyfster ervaring in ‘n duidelik kenmerklike  herehuis  vir gaste van Hayfield Manor. Die Scally familie, tesame met hulle toegewyde personeel, sien daarna uit om julle by Hayfield Manor te verwelkom.


AKKOMMODASIE

Elke besondere, unieke en ruim slaapkamer in Hayfield Manor is ontwerp vir die gerief van die gaste met kenmerklike antieke meubels en voortreflike weefstof.   Ten spyte van die moderne geriewe in die kamers, oorheers die betowering van ‘n tradisionele herehuis. Gaste kan kies uit ’n reeks verskillende kamers wat geskik is vir hulle behoeftes.

Herehuis Kamers by Hayfield Manor bied gaste luukse akkommodasie, elke kamer ‘n ruim 300 vierkante voet. Superieur Kamers  is kamers met gemiddeld 350 vierkante voet om gaste tydens hulle veblyf by Hayfield Manor te voorsien van ekstra ruimte.
 

Ons Luukse Kamers is ontwerp met bykomende vyfster luuksheid vir ‘n spesiale geleentheid of  romantiese wegbreek. Elke Luukse Kamer is individueel ontwerp met deurlopende luukse gemak.  Ten spyte van elke Luukse Kamer se uniekheid is al die kamers ongeveer 550 vierkante voet.
 

Kies ‘n Eksekutiewe Suite vir uiterste luuksheid en gemak vir jou veblyf by Hayfield Manor. Elke suite bestaan uit ‘n leefkamer  met ‘n driestuk sitkamerstel en marmer kaggel, geskik vir privaat vergaderings of byeenkomste.  Elke Eksekutiewe Suite verseker gemaklike ontspanning met ‘n Koningsbed en groot venster verskaf natuurlike daglig deur die hele suite. Die gemiddelde grootte van ‘n Eksekutiewe Suite is 750 vierkante voet.
 
 
Elke slaapkamer in Hayfield Manor bestaan uit:
Luukse Ortopediese Koningsbeddens
Individuele gekontroleerde lugversorging
Ruim marmer badkamers, meestal met dubbel waseenhede
Bederf jouself met Elemis Spa produkte voorsien in die badkamers
Verwarmde handdoekreeling
Tee/Koffie fasiliteite
32”  TV met Platskerm en DVD speller
Gemaklike kamerjapon en pantoffels 
 Geen idée hoe te vertaal
Komplimtere hoespoed toegang tot internet
24 uur kamerdiens
Golf putter om jou tegniek te oefen
Kluis, strykplank en boekpars
Alle gaste kan gebruik maak van die komplimentere privaat parkering in die gronde van Hayfield Manor


DINEE
Hayfield Manor bied ‘n keuse van twee uiteenlopende dinee ervarings

Orchids Restaurant is een van Cork se leidende fynproewer restaurant waar kontemporere Ierse  etes geskep en bedien word deur bedagsame  personeel in ‘n intieme atmosfeer van sagte ligte en flikkerende kerse wat sorg vir ‘n onvergeetlike ervaring.
Perrotts Garden Bistro bied ‘n informele aandete alternatief in die hotel konservatorium met ‘n ligte en vrolike dekor. ‘n Keuse van Mediterreense en Internasionale spesialiteite word hier aangebied in ‘n ontspanne atmosfeer.

In die rustige atmosfees van die Sitkamer kan gaste ontspan met oggend koffie of geniet die oorvloed van die Middag Tee. Ook steeds ‘n gunsteling met gaste vir ‘n drankie na dinee.

Die Herehuis kroeg is vol karakter en swierige sjarme en is daagliks oop vir oggend koffie, middag tee asook vir drankies voor aandete.  ‘n Uitgebreide verskeidenheid drank bied ook geleenheid vir innoverende mengeldrankies.
 


Ontspanning en Spa
Ontspan liggaam, siel en gees in die Beautique Spa by Hayfield Manor.  Eksklusief vir die gebruik van gaste van Hayfield Manor, die Beautique Spa bied ‘n wegkom geleentheid van die spanning en druk van hedendaagse lewe.

Kies om terug te sit in die ontspanningslokaal  wat uitkyk oor die binnehuise verhitte swembad of bederf in behandelings deur
ons Elemis Spa opgeleide terapeute.  Nege individuele behandelngskamers is sorgvuldig ontwerp om te sorg vir die beste ervaring.  Elke kamer het ‘n kandelaar en antieke meubels.  Daar is ‘n keuse beskikbaar uit ‘n volledige reeks behadelings.
Sluit die Beautique Spa ondervinding af in die prikkelende strome van die  buitelug borrelbad of word opgekikker in die stoomkamer.

Gaste kan ook gebruik maak van die kardiovaskulere vrye gewig gymnasium.  
 

LIGGING
Hayfield Manor is sentraal gelee, slegs tien minute stap van die middestad van Cork en is maklik bereikbaar te voet of met ‘n voertuig met  komplimentere  parkering beskikbaa vir alle afgevaardigdes

Cork Internasionale Lughawe is ‘n kort afstand van die sentrale stad en het gereelde busdiens asook huurmotors by Aankoms.  Hayfield Manor is ongeveer 6 myl van Cork Internationale Lughawe.

Kent Spoorwegstasie is gelee in die buitewyke van die middestad, ongeveer 3 myl van Hayfield Manor. ‘n Huurmotor staanplek by die spoorwegstasie verseker genoegsame voorsiening van vervoer vanaf die stasie.

Cork is bereikbaar deur middel van ‘n gesofistikeerde infrastruktuur van paaie met gereelde busdiens beskikbaar tussen Cork en al die groot stede in Ierland.

Cork se Veerboot Hawe is ongeveer 25 minute van Hayfield Manor en die Veerboot Hawe van Rosslare is ongeveer een en ‘n half uur vanaf Hayfield Manor.

Cork
Die dinamiese stad van Cork, een van Ierland se grootste stede, is ‘n dinamiese stad, vol lewe met ‘n besielende atmosfees en Hayfield Manor is die ideale basis om die stad te verken.


Ons is geseend met ‘n rykdom van geskiedenis soos onder andere:

- Die Universiteit Kollege Cork, gelee direk teenoor Hayfield Manor:  Die uitgestrekte kampus is die ideale plek  om vir ‘n middag in te vertoef.  UCC sal verseker beindruk met sy pragtige wandeling langs die river, indrukwekkende tuine en diverse argitektoniese geboue.
- Cork City Gevangenis. :Toere is beskikbaar deur die ou gevangenisgeboue, asook die radio museum.  Toere is beskikbaar in agt tale.
- Shandonstraat:  Hoog en trots staan die Shandon Kerk.  ‘n Klim van die 120ft van die kerktoring bied die geleetheid om die  kerkklokke te lui  en die pragtige uitsig oor die stad te geniet.
- Blarney.  Wandel  deur die asemrowende tuine van Blarney Kasteel en gebruik die geleentheid om die legendariese Klip van Blarney te soen. Die legende is dat jy dan geseen sal word met die vermoee van redenasie.  Besoek Blarney Woollen Mills  vir ‘n geleentheid om besondere inkopies te doen wat spesialiteite bied in Ierse aandenkings en geskenke.
- Cobh:  Die hawestad van Cork, ‘n populere toeriste bestemming ,is binne ‘n kort afstand van Cork en bereikbaar met gereelde bus en treindienste. Hierdie was die laaste ankerplek van die verdoemde Titanic en in die Cobh Heritage Centre word erkenning gegee aan die duisende Ierse immigrante.
- Kinsale:  Bereikbaar binne ‘n half uur van Cork is die hawestad van Kinsale , een van die mees populere toeriste besoekpunte in Cork.  Bekend vir ‘n oorvloed van bekroonde restaurante en ‘n pragtige uitsig oor die hawe. Geniet n ete in een van die verskeie restaurante en besoek die katedraal gelee hoog bokant die stad. 

 
Cork bied ‘n wye verskydenheid van dinee geleenthede wat aan almal se smaak sal voldoen.  Verskeie bekroonde restaurante is te vinde met ‘n bree spektrum van tradisioneel, Europees en Oosters. Straatkafees  gee die geleentheid om ‘n rustige middag te geniet  en  die lewe in verbygaan te bekyk.

Soos verwag word van enige groot stad, het Cork ook ‘n besige naglewe.  Tradisionele Ierse kroee, kosmopolitaanse mengeldrankie kroee en ’n diverse reeks kroee om in enige vraag te beantwoord.

Cork is ‘n kultuur-ontwikkelde stad wat aantreklik sal wees vir enigiemand wat belangstel in kuns, musiek of die fynere kunste.  Lokale en internationale talent word uitgestal in ‘n reeks gallerye in die stad.  Regdeur die jaar bied Die Operahuis en Everymand Palace Teater ‘n diverse program van musiek, opvoerings en dans aan. Na aanleiding van ‘n aantal jaarlikse feeste soos die Jazz  Fees, Cork Kunsfees en die Rolprent Fees is dit duidelik waarom  Cork in 2005 aangewys is as die Europese hoofstad van Kultuur.


Tracked Gift Vouchers Link

Newsletter Sign Up

Current weather: 7°C(45°F)
hayfield manor hotel, perrott avenue, college road, cork city, ireland  |
T: + 353 21 4845900 | E: enquiries@hayfieldmanor.ie
Company Name: The Royal Partnership t/a Hayfield Manor | Vat Number IE 4515 786 A
We use cookies to give you the best possible experience on our site. By continuing to use the site you agree to our use of cookies. Find out more. X